YouVersion Logo
Search Icon

Josua 12

12
Lys van verslane konings
1Die volgende konings van die land is deur die Israeliete verslaan, en hulle land is in besit geneem:
Oorkant die Jordaan, aan die oostekant, van die Arnondal af tot by die berg Hermon, die hele Araba en ooswaarts was dit
2 Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon gesetel was en regeer het van Aroër af, wat op die rand van die Arnondal lê, vanaf die middel van die dal, oor die helfte van Gilead en tot aan die Jabbokdal, die grens van die Ammoniete, 3en wat ook regeer het oor die Araba aan die oostekant vanaf die meer van Gennesaret tot by die See van die Araba, die Soutsee, aan sy oostekant in die rigting van Bet-Jesimot, suid tot onder aan die hange van Pisga 4en sy gebied;
en Og, die koning van Basan, een van die oorblywende Refaïete wat in Astarot en in Edreï gesetel was 5en regeer het oor die berg Hermon, oor Salga en die hele Basan tot by die grens van die mense van Gesur en Maäga, die helfte van Gilead, en tot by die grens van Sihon, die koning van Gesbon.
6Moses, die dienskneg van die Here, en die Israeliete het hulle verslaan, en Moses, die dienskneg van die Here, het dit as eiendom aan die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse gegee.
7Die volgende is die konings van die land wat Josua en die Israeliete oorkant die Jordaan aan die westekant verslaan het, van Baäl-Gad in die Libanonvallei tot by die berg Galak wat oploop na Seïr. Josua het dit alles aan die stamme van Israel as eiendom gegee ooreenkomstig hulle indeling. 8In die bergland en die Sjefela, in die Araba, teen die berghange, in die woestyn en in die Negev, die gebied van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete, was dit
9die koning van Jerigo, een;
die koning van Ai wat langs Bet-El geleë is, een;
10die koning van Jerusalem, een;
die koning van Hebron, een;
11die koning van Jarmut, een;
die koning van Lagis, een;
12die koning van Eglon, een;
die koning van Geser, een;
13die koning van Debir, een;
die koning van Geder, een;
14die koning van Gorma, een;
die koning van Arad, een;
15die koning van Libna, een;
die koning van Adullam, een;
16die koning van Makkeda, een;
die koning van Bet-El, een;
17die koning van Tappuag, een;
die koning van Gefer, een;
18die koning van Afek, een;
die koning van Saron, een;
19 die koning van Madon, een;
die koning van Gasor, een;
20die koning van Simron-Meron, een;
die koning van Agsaf, een;
21 die koning van Taänag, een;
die koning van Megiddo, een;
22die koning van Kedes, een;
die koning van Jokneam by die Karmel, een;
23die koning van Dor by die heuwelland van Dor, een;
die koning van Gojim by Gilgal, een;
24koning van Tirsa, een.
Altesaam was dit 31 konings.

Currently Selected:

Josua 12: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Josua 12