Job 16
16
Job praat ’n vyfde keer
1Job het gereageer op wat Elifas gesê het en hom geantwoord: 2“Ek het al hierdie goed wat julle sê, al baie gehoor. Julle is maar slegte troosters. 3Wanneer gaan julle end kry met julle sinlose gebabbel? Maak my woorde julle siek dat julle voel julle moet antwoord? 4Ek sou vir julle dieselfde antwoorde kon gee as julle in my plek was. Ek sou julle ook kon kritiseer en die kop oor julle skud. 5Maar dit is nie wat ek sou doen nie. Ek sou eerder probeer het om goed te sê wat julle kon help. Ek sou iets wou sê om julle pyn ligter te maak. 6My gepraat het in elk geval nie my pyn weggevat nie. Maar dit help ook nie ek sê niks nie, die pyn bly.”
7Job het verder gesê: “Ja, die Here het my uitgemergel en my gesin verwoes. 8Noudat Hy met my klaar is, is ek net vel en been. Mense dink my toestand is ’n bewys dat ek skuldig moet wees. 9My liggaam is in hierdie toestand omdat Hy baie kwaad is vir my. Hy kan my nie vat nie! Hy kners op sy tande vir my en kyk reg deur my. 10Mense drom om my saam en koggel en lag vir my. Hulle dink so min van my dat hulle my sommer deur die gesig slaan. 11God laat my aan die genade van slegte mense oor. Ek is aan hierdie mense uitgelewer. 12Ek het rustig my eie gang gegaan, maar Hy het dit kom verbreek. Hy het my aan my nek gegryp en my neergegooi. Dit het vir my gevoel ek breek in stukkies. Toe het Hy my gevat en my sy teiken gemaak. 13Dit was of sy pyle oral by my verbygevlieg het. Die pyle het my niere deurboor en my gal het op die grond uitgeloop. Hy het niks vir my gevoel nie. 14Hy het my aanhoudend gewond en op my afgestorm soos ’n soldaat wat ’n vyand aanval. 15Hier sit ek soos iemand wat oor ’n dooie rou. Platgeslaan! Ek het klere aan wat van sak gemaak is en ek sit in die stof. 16My gesig is rooi gehuil en daar is swart kringe om my oë. 17Ek is nie skuldig aan enige geweld nie. Daar is net mooi niks met my gebede verkeerd nie.”
18Job het nog gepraat en gesê: “My bloed op die grond bewys dat ek sleg behandel is. Die grond moet dit nie wegsteek nie. Ek skreeu oor die onreg teen my. Moenie dat my geskreeu stilgemaak word nie. 19Op hierdie oomblik het ek iemand in die hemel wat in my guns getuig. Hy behartig my saak daar en praat namens my. 20My vriende spot met my; daarom huil ek liewer by God. 21Ek wens iemand wil namens my by God pleit. Dit moet iemand wees wat dit sal doen soos ’n mens dit vir ’n vriend sal doen. 22Binnekort moet ek na ’n plek gaan waarvandaan ek nie weer gaan terugkom nie.”
Currently Selected:
Job 16: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.