Job 17
17
1Job het gesê: “Ek is moedeloos, my lewe is verby. Die dood wag vir my. 2Oral om my is mense wat my spot. Ek kan maar net sit en kyk hoe hulle my uittart.
3“Here, wil U my nie maar verdedig nie? Daar is niemand anders wat vir my wil instaan nie. 4U het gemaak dat my vriende nie kan verstaan wat aangaan nie. Ek vra mooi, moenie dat hulle wen nie. 5Hulle is eintlik verraaiers. Hulle praat teen hulle vriende, want hulle kry iets in ruil daarvoor. Maar die slegte ding is, hulle kinders is op die ou einde die slagoffers daarvan.
6“Die Here maak my belaglik voor die mense. Hulle spoeg selfs in my gesig. 7My oë is al dof van al die gehuil. Ek is so maer, ek is net ’n skaduwee van wat ek vroeër was. 8Van die mense wat reg probeer leef, is geskok wanneer hulle my toestand sien. Hulle kom in opstand teen die goddeloses, wat nie ’n saak met God het nie. 9Daar is mense wat reg leef. Hulle bly op die koers wat hulle gekies het. Hulle word net meer en meer oortuig daarvan dat hulle moet aanhou om ordentlik te leef.”
10Job het ook vir hulle gesê: “Julle kan gerus almal weer terugkom en voor my kom staan, maar ek is oortuig dat ek nie een verstandige mens onder julle sal kry nie. 11My lewe is verby. Ek het geen planne of drome meer vir die toekoms nie. 12My vriende maak of die nag dag is. En wanneer dit donker is, maak hulle of die lig naby is. Hulle verdraai die waarheid. 13Dit is eintlik ’n hopelose toestand as die graf vir my ’n huis moet wees, dat ek in die donker vir my ’n rusplek moet regkry. 14Moet ek dan die graf my pa noem en die wurms my ma of my suster? 15Daar is nêrens enige hoop vir my nie. Niemand anders sien enige hoop vir my nie. 16My hoop gaan saam met my graf toe. Ons sal maar saam in die stof gaan rus!”
Currently Selected:
Job 17: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.