21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™نموونە
![21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3311%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
“ACTS”
Ek kan nie die dag tegemoetgaan sonder om eers tyd saam met die Meester deur te bring nie. As evangelis praat ek heeltyd oor Hom en met Hom, maar ek het ook intieme tyd saam met Hom nodig, wanneer dit net ek en Hy is.
Toe ek pas tot bekering gekom het, het ek ’n eenvoudige metode van gebed geleer, deur die Engelse akroniem ACTS te gebruik. Dis ’n wonderlike manier van bid. Maak elke dag jou gebedstyd ’n spesiale tyd en vertel vir die Here alles wat jy op die hart het en wat in jou lewe aangaan.
“A” staan vir ADORATION (AANBIDDING). Dit beteken dat jy die Here aanbid en vereer vir wie Hy is en vir Hom dankie sê vir ’n pragtige nuwe dag; Hom loof dat jy en jou gesin lewe. Daar is soveel dinge om Hom voor te loof en prys.
“C” staan vir CONFESSION (BELYDENIS). Nou is dit tyd om berou te hê voor die Here en Hom te vra om jou sondes te vergewe. Miskien het jy per ongeluk jou humeur met jou gesin verloor; miskien het jy nagelaat om iets te doen; miskien het jy die Here op ’n manier beledig. Vra om vergifnis, en die Here sal jou vergewe. Hy sê in 1 Johannes 1:9: “As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.”
“T” staan vir THANKSGIVING (DANKSEGGING). Ons moet vir God dankie sê dat ons name in die Lam se Boek van die Lewe opgeskryf staan. Dit maak nie saak hoe hard ons werk nie. Dit gaan nie daaroor nie – dit gaan oor sy genade, sy onverdiende liefdevolle goedheid wat ons die geleentheid bied om ons God se kinders te kan noem. Ons kan Hom bedank vir ons familie en geliefdes; vir al die nuwe geleenthede in die lewe. Daar is soveel dinge om voor dankbaar te wees.
“S” staan vir SUPPLICATION (SMEKING). Bid vir jouself en vir jou geliefdes. Bring al jou versoeke rakende jou lewe, jou gesin se welsyn en toekoms na die Here. Bid spesifiek, met verwagting en met geloof.
GEBED: Hemelse Vader, dankie vir die groot geskenk om met U te kan praat. Mag ek die ACTS-beginsel in my lewe toepas en elke dag kwaliteittyd saam met U deurbring, met die wete dat U altyd net een gebed ver is. Amen.

کتێبی پیرۆز
دەربارەی ئەم پلانە
![21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3311%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
پلانە پەیوەستەکان
![Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55402%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold
![Bold Faith, Mighty Works: Walking in the Spirit’s Power](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55354%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bold Faith, Mighty Works: Walking in the Spirit’s Power
![The Way of the Cross](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55288%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Way of the Cross
![Spiritual Beings](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55405%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spiritual Beings
![We're So Blessed: A Fun 5-Day Family Devotional From CAIN](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
We're So Blessed: A Fun 5-Day Family Devotional From CAIN
![The Armor of God: Well Used Against Injury](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55400%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Armor of God: Well Used Against Injury
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![The Big 5](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55289%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Big 5
![Chosen and Complete: Embracing God's Plan Beyond Marriage](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55339%2F320x180.jpg&w=640&q=75)