PSALMS 86
86
Geroep om hulp.
1 'n GEBED van Dawid.
Here, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.
2Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
3Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
4Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
5Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
6 Here, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
8Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
9Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
10want U is groot en doen wonders, U alleen is God.
11 Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
12Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
13want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
17Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o Here, my gehelp en getroos het.
اکنون انتخاب شده:
PSALMS 86: AFR53
هایلایت
کپی
مقایسه
به اشتراک گذاشتن
می خواهید نکات برجسته خود را در همه دستگاه های خود ذخیره کنید؟ برای ورودثبت نام کنید یا اگر ثبت نام کرده اید وارد شوید
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.