1
GENESIS 3:6
Afrikaans 1983
Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.
Konpare
Eksplore GENESIS 3:6
2
GENESIS 3:1
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”
Eksplore GENESIS 3:1
3
GENESIS 3:15
Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
Eksplore GENESIS 3:15
4
GENESIS 3:16
Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
Eksplore GENESIS 3:16
5
GENESIS 3:19
net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
Eksplore GENESIS 3:19
6
GENESIS 3:17
Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank
Eksplore GENESIS 3:17
7
GENESIS 3:11
Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?”
Eksplore GENESIS 3:11
8
GENESIS 3:24
Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.
Eksplore GENESIS 3:24
9
GENESIS 3:20
Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.
Eksplore GENESIS 3:20
Akèy
Bib
Plan yo
Videyo