HANDELINGE 12
12
Jakobus word doodgemaak en Petrus gevange geneem
1In diĂŠ tyd het koning Herodes party van die gemeentelede laat vang en hulle mishandel. 2Hy het vir Jakobus die broer van Johannes met die swaard laat doodmaak.
3Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan en ook vir Petrus gevange laat neem. Dit het tydens die fees van die ongesuurde brood gebeur. 4Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het hy hom in die tronk gesit en hom deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom nĂĄ die paasfees voor die volk bring. 5So is hy dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.
Petrus word uit die tronk bevry
6Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
7Meteens staan daar 'n engel van die Here en skyn daar 'n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sĂŞ vir hom: âStaan gou op.â
Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval. 8Toe sĂŞ die engel vir hom: âMaak jou gordel vas en trek jou skoene aan.â
Petrus het dit gedoen, en toe sĂŞ die engel vir hom: âTrek jou bokleed aan en kom saam met my.â
9Petrus het agter die engel aan uitgegaan sonder om te besef dat hy werklik bevry word. Vir hom het dit gelyk asof hy 'n gesig sien. 10Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterdeur kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Toe hulle buite kom en 'n ent met die straat af was, het die engel vir Petrus skielik verlaat. 11Toe dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy dink: nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het om my uit die hande van Herodes te red en van alles wat die Joodse volk van plan was om te doen.
12Met diĂŠ gedagte is hy na die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem is, waar baie gelowiges saam was om te bid. 13Hy het aan die voordeur geklop, en 'n diensmeisie met die naam RodĂŠ het kom hoor wie dit is. 14Toe sy Petrus se stem herken, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie, maar binnetoe gehardloop het om te vertel dat Petrus by die deur staan. 15Maar hulle sĂŞ vir haar: âJy is mal.â
Toe sy egter daarmee volhou, sĂŞ hulle: âDan is dit sy gees.â
16Intussen het Petrus aangehou klop. Toe hulle die deur oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas. 17Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het.
âVertel dit vir Jakobus en die ander gelowiges,â het hy gesĂŞ en na 'n ander plek toe vertrek.
18Toe dit dag word, was die soldate nie min ontsteld oor wat van Petrus geword het nie. 19Herodes het hom laat soek, en omdat hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle doodgemaak moet word.
Hierna het Herodes van Judea af na Sesarea toe gegaan en 'n tyd daar gebly.
Herodes se dood
20Die mense van Tirus en Sidon het hulle die woede van Herodes op die hals gehaal. Daarom het hulle saam 'n afvaardiging na hom toe gestuur. Nadat hulle vir Blastus, die koning se kamerheer, op hulle hand gekry het, het hulle vrede gevra, omdat hulle land van die koning s'n afhanklik was vir lewensmiddele. 21Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek. 22Die mense het toe geskreeu: âDit is 'n god wat praat, nie 'n mens nie!â
23Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe.
24Maar die woord van God het verder versprei en veld gewen.
25Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem uitgevoer het, en hulle het vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamgevat.
Chwazi Kounye ya:
HANDELINGE 12: AFR83
Pati Souliye
Kopye
Konpare
Pataje
Ou vle gen souliye ou yo sere sou tout aparèy ou yo? Enskri oswa konekte
Š Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.