LUKAS 16
16
Die gelykenis van die oneerlike bestuurder
1Jesus het vir sy dissipels ook gesĂŞ: â'n Ryk man het 'n bestuurder in diens gehad, en diĂŠ is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het. 2Hy ontbied hom toe en sĂŞ vir hom: âWat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer bestuurder wees nie.â 3Die bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen, want my werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans nie; en om te bedel, skaam ek my. 4Maar wag, nou weet ek wat ek sal doen sodat daar mense sal wees wat my in hulle huise sal ontvang as ek uit die bestuurderskap ontslaan is. 5Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: âHoeveel skuld jy my werkgewer?â 6Hy antwoord: âHonderd vate olyfolie.â Toe sĂŞ hy vir hom: âVat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.â 7Daarna vra hy vir 'n ander een: âEn jy, hoeveel skuld jy?â Hy antwoord: âHonderd sak koring.â En hy sĂŞ vir hom: âVat jou skuldbewys en skryf tagtig.â
8âDie werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wĂŞreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig.
9âEn Ek sĂŞ vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang.
10âWie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. 11As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? 12As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?
13âGeen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal Ăłf die een minder ag en die ander een hoĂŤr, Ăłf vir die een meer oorhĂŞ en die ander een afskeep. Julle kan nie God ĂŠn Mammon dien nie.â
Die wet en die koninkryk van God
(Matt. 11:12-13; 5:31-32; Mark. 10:11-12)
14Die FariseĂŤrs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. 15Hy sĂŞ toe vir hulle: âJulle is diĂŠ wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
16âTot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom. 17Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.
18âElkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en iemand wat met 'n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.â
Die ryk man en Lasarus
19âDaar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het. 20-21En daar was 'n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelĂŞ het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek.
22âToe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. 23Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: 24âVader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.â 25Maar Abraham sĂŞ: âMy kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig. 26En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat diĂŠ wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en diĂŠ wat dĂĄĂĄr is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.â 27Toe sĂŞ hy: âEk smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. 28Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.â 29Maar Abraham sĂŞ: âHulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.â 30Hy antwoord egter: âNee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer.â 31Maar hy sĂŞ vir hom: âAs hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.â â
Chwazi Kounye ya:
LUKAS 16: AFR83
Pati Souliye
Pataje
Kopye
![None](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2F58%2Fhttps%3A%2F%2Fweb-assets.youversion.com%2Fapp-icons%2Fht.png&w=128&q=75)
Ou vle gen souliye ou yo sere sou tout aparèy ou yo? Enskri oswa konekte
Š Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.