YouVersion လိုဂို
ရွာရန္ အိုင္ကြန္

JOHANNES 15

15
Die voorwaarde vir vrug dra
1“Ek is die ware druiwestok en my Vader is die tuinier. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het. 4Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie.
5“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. 6Wie nie aan My verbind bly nie, word weggegooi soos ’n loot en verdroog. Hulle maak gewoonlik sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand. 7As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. 8Dit is juis hierin dat my Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en my dissipels is.
9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly. 10As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het. 11Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het. 13Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. 15Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem Ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het. 16Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.”
Die wêreld haat gelowiges
18“As die wêreld julle haat, weet net dat hy My voor julle reeds gehaat het. 19As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld – daarom haat die wêreld julle.
20“Onthou wat Ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my boodskap ter harte geneem het, sal hulle julle s’n ook ter harte neem. 21Hulle sal al daardie dinge aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom wat My gestuur het nie ken nie. 22As Ek nie gekom het en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuld gehad het nie, maar nou het hulle nie ’n verskoning vir hulle sonde nie. 23Die een wat My haat, haat ook die Vader. 24As Ek nie onder hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie. Maar nou het hulle dit reeds gesien en tog het hulle My en my Vader gehaat.
25“Die uitspraak wat in hulle wet opgeskryf is, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’#15:25 Ps 35:19; 69:5.
26“Wanneer die Raadgewer#15:26 Of Helper. kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis aflê. 27Julle moet ook aanhou getuig omdat julle reg van die begin af saam met My is.”

လက္ရွိေရြးခ်ယ္ထားမွု

JOHANNES 15: NLV

အေရာင္မွတ္ခ်က္

မၽွေဝရန္

ကူးယူ

None

မိမိစက္ကိရိယာအားလုံးတြင္ မိမိအေရာင္ခ်ယ္ေသာအရာမ်ားကို သိမ္းဆည္းထားလိုပါသလား။ စာရင္းသြင္းပါ (သို႔) အေကာင့္ဝင္လိုက္ပါ