21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

“Gebed verander sake”
Iets wat die moeite werd is om te hê, is altyd die moeite werd om voor te bid. Die sleutel tot evangelisasie is gebed; nie mediese hulp, opvoeding of indrukwekkende toesprake nie, slegs gebed uit die hart en niks minder nie. Die enigste verantwoordelikheid wat ons in die lewe het, is teenoor ons Here Jesus Christus. Ons werk vir sy oes; niemand anders s’n nie. Daarom behoort al ons konsentrasie en fokus op gebed te wees – om God se aangesig in elke situasie te soek en na niks of niemand anders te luister nie.
Dis waarom die Bybel sê: “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is” (1 Tessalonisense 5:16-18). Groter werke spruit uit getroue arbeid aan net een saak, naamlik gebed. Ons moet tyd in God se teenwoordigheid begin deurbring.
Wat werklik spesiaal is, is die feit dat Christus self ook vir ons bid. Hy is ons beste Voorbidder in hierdie sterwende wêreld. Dit raak ’n mens altyd diep as jy weet dat jou vriende of familie vir jou bid; hoeveel te meer as jy weet die Seun van God bid vir my en jou! Dis wonderlik om te weet dat Jesus ons elke dag in gebed ondersteun. Daarom moet ons nie die Here teleurstel nie; ons moet ook elke dag bid en sy aangesig soek.
Ons moet tyd in gebed en oordenking deurbring, net soos ons Meester, die Here Jesus Christus, sy tyd gebruik het. Moenie nalaat om die “binnekamerwerk” te doen nie, want dis soos die wortel van ’n boom: Die boom kan nie sonder sy wortel sterk word en oorleef as daar sterk winde waai nie. Moenie die belangrikste deel van jou Christelike lewe afskeep nie – daaglikse gemeenskap met ons hemelse Vader. Dis baie belangrik dat ons die eerste vrug van elke dag aan Jesus gee deur soggens vroeg, en ook die res van die dag, tyd in gebed saam met Hom deur te bring. Wanneer jy bid, gaan na ’n stil plek en hou dit persoonlik. Vra die Here om jou op ’n spesiale, vars manier te ontmoet sodat jy sy kragtige teenwoordigheid in jou stiltetyd kan ervaar.
GEBED: Here, soms onderskat ek die belangrikheid daarvan om elke dag met U te praat. Help my asseblief om my prioriteite reg te kry en om die eerste vrug van my dag vir U te gee. Amen.

About this Plan

Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
Ons wil graag Angus Buchan / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumuitgewers.co.za/
Related Plans

Fast 40: Practicing the Ancient Spiritual Discipline of Lent

Do Whatever He Says: A Powerful Revelation of John 2
![[Know This] Promises of a Precious Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55603%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Know This] Promises of a Precious Faith

How Sweet the Sound

How to Be Unstoppable for God

Here and Now: Embracing the Gift of Presence in Marriage

How God Used Men in the Bible

Faith Under Fire

What Do Christians Believe?