Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 13:1

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Advent: Wat beteken dit?
5 Dae
Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “takkie” vanuit koning Dawid se stamboom. Tradisie word soms steeds gevolg deur die gebruik van kerse wat hoop, vrede, vreugde en liefde verteenwoordig.

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk
10 dae
Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.