Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 5:2
WAAG DIT! Om lief te hê
7 Dae
Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspektiewe en dieper studie deur vrae vir nadenke en uitdagings. Of jou huwelik aan ’n draadjie hang, of sterk en gesond is – hierdie reis is vir julle!
Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.
1 Johannes
27 Dae
Daar is geen middeweg in hierdie eerste brief van Johannes nie - óf ons kies lig óf duisternis, waarheid tot leuens, liefde of haat; ons omhels die een of die ander, net soos ons die Here Jesus Christus óf glo óf verloën. Reis daagliks deur 1 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes
29 dae
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.