Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 5:11

Oorweldig deur My Seëninge (Deel 5)
5 Dae
Aanmoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die verhaal te kan vertel. Deel vyf van 12 in hierdie leesplanreeks deur Robin Meadows!

Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor vreugde sal lesers verseker dat God hulle baie liefhet. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vreugde, angs en vertroue in God), en eindig met ’n gebed en ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Wanneer vreugde my ontwyk”.

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te Maak
7 Dae
Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe ons dinge hierdie jaar beter as die vorige jaar kan doen — maniere om onsself, ons verhoudings en ons ervaring van God te verbeter. Hier is sewe maniere om meer soetigheid in die komende jaar by jou lewe te voeg.

Die deur is toe; wat nou?
7 Dae
Soms kom ons voor daardie spreekwoordelike "Toe Deur" te staan. Wat moet ons doen as dit vir ons voel God hoor ons nie? Die verhaal van die verlamde man wys ons daarop dat die toe-deur-oomblikke eintlik die begin kan wees van wonderlike deurbrake.

Die 10-dag Gebedsleesplan vir Paartjies
10 Dae
Paartjies wat saam bid, groei saam — geestelik, emosioneel en liggaamlik. Wat meer is, hulle groei nader aan die Een wat hul huwelik wil seën en sterker maak.

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.