Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 5:20

Onthou Alles Wat God Gedoen Het
5 Dae
Dit is natuurlik vir ons om na die toekoms te kyk, maar ons moet nie vergeet van die verlede nie. Hierdie plan is geskep vir jou om oor 'n 5 dae periode te herrinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybel leesstuk en 'n kort toeweiding hê om die gebeurtenisse op jou tog met Christus te help onthou.

Hoe Om Terug Te Keer Na God
5 ditë
Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te verlang is om terug te keer na God—waarookal jou verhouding met God nou mag wees. Almal van ons ondervind mylpale—of ontwakings—soos wat ons, ons pad terugvind na God. Kom reis deur elkeen van hierdie ontwakings en maak die gaping kleiner tussen waar jy nou is en waar jy wil wees. Ons wil God vind en Hy wil gevind word.

Ek volg Jesus
7 Dae
Jy het Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aangeneem. Baie geluk met die groot stap wat jy gedoen het. Welkom in God se ewige familie. Maar wat nou? In hierdie sewedagleesplan gesels ons oor die vaste wete en sekerheid van jou saligheid en wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus Christus te wees. Geniet die asemrowende reis en avontuur om ‘n kind van God te wees.

Nuwe Lewe
12 dae
Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worstel: Wie is Jesus? Wat beteken dit om wedergebore te wees? Wat is die groot doop? Wat is die doping in die Heilige Gees? Weerspreek wetenskap die Bybel? En baie meer.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

2 Korintiërs
18 dae
Die vreugdes van verhoudings binne die liggaam van Christus word uitgelig in die tweede brief aan die Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit die woord van God lees. Reis daagliks deur 2 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.