Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 PETRUS 3:18

Wat Jesus gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

2 Petrus
9 Dae
Die Tweede brief van Petrus gaan alles oor God se genade – hoe dit ons gered het, hoe dit ons bewaar en hoe ons daarin kan lewe – ten spyte van wat dwaalleraars sê. Reis daagliks deur 2 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Kinders se Adventhuis
25 Dae
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!