Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 17:25

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons
5 dae
'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangepas word vir enige huisgesin kombinasie en ouderdomsgroep. Dit benodig geen spesiale toerusting nie, net 'n klein ruimte en jou verbeelding.

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!