Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 3:14

Lewe Veranderd: In die Nuwe Jaar
4 dae
Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
4 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons jaag na meer — meer geld, meer erkenning, meer prestasie. Tog, hoe harder ons probeer, hoe leër voel ons. Die mense van Kolosse het dieselfde druk beleef. Paulus skryf aan hulle en wys dat vervulling nie lê in wat ons doen nie, maar in Christus alleen. Hy is die begin en einde van betekenis. Ek nooi jou om saam met my deur Kolossense te reis, om jou ware identiteit in Hom te ontdek. Hy is die middelpunt van jou lewe — dit is waarvoor jy gemaak is.

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

Ervaar God se Hernuwing
5 Dae
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.

KOSBAAR — Respek en Eer
5 dae
Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en riller, en sluit 'n daaglikse video van die groep sowel as 'n oordenking met vrae in om daaroor as 'n groep of individueel na te dink.

Anders As Ek
5 dae
God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Die geboorte van Christus en gesinslewe
5 Dae
Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.