Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 3:15

Lewe Veranderd: In die Nuwe Jaar
4 dae
Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

Ervaar God se Hernuwing
5 Dae
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.

’n Dankbare Hart
5 Dae
“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit, uit haar dagboek GESKENK VAN GENADE.

Anders As Ek
5 dae
God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit
6 dae
Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus nie nagekom nie.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.