Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 3:17

Deel genade uit!
4 Dae
Ontdek hoe God se reg en genade jou lewe kan vorm in hierdie 4-dag-leesplan. Van die hemelse hof waar God regspraak lewer, tot die konkrete roep om tyd, spasie en diens in die wêreld, leer hoe jy onskuldig kan wees in sy oë, jou lewe aan Hom kan toewy, en ’n antwoord kan wees op ander se nood. ’n Praktiese en geestelik voedende pad vir elke gelowige.

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

Ervaar God se Hernuwing
5 Dae
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.

Tydige Dankbaarheid
5 dae
Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer met negatiewe gesprekke, ontstellende nuusberigte, persoonlike uitdagings en vele ander situasies. Realiteite kan jou opslurp in ‘n maalkolk van negatiwiteit en depressie. Opgee is nie ‘n opsie nie. Maar jou daaglikse 24-uur-pakkie bevat beslis iets om voor dankbaar te wees!

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

Colossians Explained | Hoe om Jesus te Volg
7 Dae
Wanneer die Bybel verwarrend is, verduidelik "Through the Word" dit met duidelike, beknopte klankgidse (in Engels) vir elke hoofstuk. Hier in Kolossense, lei Kris Langham ons terwyl ons leer wie Jesus is en hoe om Hom vandag te volg. Ons sal ook goeie insig kry oor God se aanwysings vir huwelik en werk, en wat dit beteken om as sy beeld herskep te word. Plus die Bybel se teenmiddel teen vreemde Christenskap! Welkom by "Colossians Explained".

Die Bron van jou blydskap
7 Dae
Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.

Labour to Legacy 5: Die siel van werk
7 Dae
"Labour to Legacy" is 'n leesplanreeks, ontwerp om ons werk- en beroepslewe vanuit God se perspektief te sien. Sy oorspronklike plan was dat werk 'n seën moet wees, nie 'n las nie. Gelowiges is uitverkies en geskape om deur betekenisvolle arbeid saam met God te werk – by die huis, werk of in die gemeenskap. Deur Koninkryksruil raak ons werk deel van ons aanbidding, lei ons harde werk tot 'n nalatenskap, en help ons roeping ons om ander rondom ons positief te beïnvloed. Hierdie is leesplan 4 uit 'n reeks van 6 leesplanne.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Vra, Dink, Verbeel Jou
22 Dae
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
