Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 3:11

My Tyd - Sy Tyd
5 Dae
So dikwels gebruik ons die term “God se tyd is nie ons tyd nie” of “my tyd is in sy hande”. Ons verwys selfs na wat in die Woord staan; dat eenduisend dae vir God soos een dag is. Hierdie leesplan werp ‘n ander lig op die woord "tyd". Dalk is hierin iets van waarde en om deur ‘n ander bril na "tyd" te kyk.

Tydloos
5 Dae
God is. Hy ís die begin en die einde. Hy het die heelal geskape en alles wat daarin bestaan. Hy is alomteenwoordig. Tydloos beteken dat “iets” (in dié geval God) só goed en mooi is, dat dit nie deur die samelewing geaffekteer kan word nie. Dit is waar, maar wat meer waar is, is dat ons God nooit sal kan ontleed nie. Want God ís tyd; Hy is tydloos binne ‘n wêreld wat deur horlosies en lyne in dagboeke regeer word.

’n Nuwe Begin
7 dae
Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe begin. En onthou dat God elke tree van jou lewe saam met jou is. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N NUWE BEGIN deur Carolyn Larsen.

Prediker
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.

Daaglikse geestelike boodskappe met Greg Laurie
30 Dae
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.