Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 1:3

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson
5 dae
Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. Elke dag bevat Bybelverse, ’n gedagte vir die dag en ’n “oefening vir die dag”. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se “’n Dieper verhouding met God”.

Vreugde Vir Vandag
5 dae
Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.

5 Mini-oordenkings vir kinders
5 dae
God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verhouding met God sal elke dag verdiep wanneer jy sien hoe lief Hy vir jou is en besef dat Hy altyd by jou is.

God Se Beloftes Uit Efesiërs
6 dae
Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader
8 Dae
Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies
8 dae
Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.

Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.