Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 4:15

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, oordenking en kort gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Ann Goodfellow se “Die reis van ’n pelgrim”.

Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

Lewe In Die Waarheid
5 dae
Waarheid in liefde bou op, Waarheid in liefde genees, Om die waarheid lief te hê — Wanneer ons die moed vind om ons geheime te bely, is daar niks wat ons terughou in ons lewe en in ons liefde nie.

’n Oproep tot Dienende Leierskap
5 Dae
Ons is geroep om te lei soos Jesus gedoen het. Leierskap begin by ’n persoon, nie ’n posisie nie, en leiers is daar om God se mense te help om sy doel met hulle te bereik. Hierdie daaglikse leesplan sal stewige leierskapfondamente by jou lê, en jou herinner dat jy eerstens ’n geliefde kind van God is, daarna ’n dienaar en eers dan ’n leier.

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap
9 dae
COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en aanbidding te gaan bring. Bybelse gemeenskap is egter hoe God se hart klop en wat Hy graag vir ons wil hê.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Afgesonder
29 dae
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

Efesiërs
30 dae
Vanuit die pragtige hoogtes van wat God vir sy kinders wil hê, verduidelik die brief aan die Efesiërs hoe om in God se genade, vrede en liefde te wandel. Reis daagliks deur Efesiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.