Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 4:3

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en Selfsorg
5 Dae
Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets so onbekend soos die koms van 'n pasgeborene. Berei prakties en geestelik voor om te verseker dat jy gedurende een van die mooiste, maar ook moeilikste tydperke van jou lewe gedy, en dit ten volle geniet.

Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

Leef met Gesag - 'n Reis deur Efesiërs
6 Dae
Ons assosiasie met Christus is die beginpunt van ware lewe. Alles wat ons nodig het om oorwinnaars te wees, is reeds gegee. ’n Verkeerde mentaliteit beroof ons van gesag en skuif ons fokus na wêreldse perspektiewe. Dan vervang ons die krag van ’n Christus-gefundeerde lewe met doellose aktiwiteite en prestasies, omdat ons nie verstaan wat ons besit nie. Dit is nie God se bedoeling nie! Hy het jou geskep om in oorwinning te leef. Hierdie waarheid kan elke area van jou lewe transformeer. Ontdek wie jy in Christus is – en leef dit uit!
Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings
4 Dae
Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar is ongeveer oor die 300,000 kerke. Dit beteken, week na week, is daar 300,000 preke, aanbiddingsdienste en byeenkomste. Waarom sien ons dan nie 'n groter invloed op die kultuur nie? In hierdie vier-dag leesplan, gaan Dr. Tony Evans, die ware kerk bespreek en hoe dit ons kultuur ten goede kan beïnvloed.

'n Vrugbare Lewe
9 Dae
Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
