Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 4:32

Maak Tyd Om Te Rus
5 dae
Werkverslawing en om gedurig besig te wees, word dikwels in ons wêreld aangeprys, wat rus dan 'n uitdaging maak. Om ons rolle en planne effektief uit te voer, moet ons rus of ons sal niks oorhê om geliefdes te ondersteun en doelwitte te bereik nie. Oor die volgende vyf dae gaan ons leer om te rus en hoe om dit op ons lewens toe te pas.

Wees Doelgerig In Jou Huwelik
5 Dae
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot, sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging
5 dae
Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na 'n onmoontlike versoek. Lysa TerKeurst verstaan ten diepste en nooi jou uit om by haar aan te sluit vir hierdie 5-dag leesplan uit haar nuwe boek "Forgiving What You Can’t Forget and to discover God’s healing gift".

Tel jou woorde, want woorde tel
5 dae
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

Wat Van Uitgaan?
7 dae
Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verhoudinge praat. Jy mag jou dalk verbaas oor hoeveel Hy te sê het.

Uit die Beek 2019
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
7 Dae
Sukkel jy om te vergewe, al weet jy dit is wat God van jou vra? Vergifnis is nie maklik nie, veral wanneer die pyn diep is en die onreg groot. Tog roep Jesus ons om te vergewe – vir ons eie vrymaking. Hierdie 7-dag leesplan neem jou op reis deur die stryd van vergifnis, God se genesing en die vrede wat kom wanneer ons kies om die seer aan Hom oor te gee.

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.