Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 5:21

Wie Braai Jou Wors?
3 Dae
Die meeste mans hou van braai. Hoe goed braai jy egter geestelik die vleis in jou huis? Meer spesifiek, van wie verwag jy as pa om jou seunskind van manlikheid te leer? Hierdie Bybelstudie trek die treffende parallel tussen hoe om lekker te braai en jou seun vir die lewe voor te berei.

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

’n Huwelik wat werk
5 dae
God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit is moontlik! Dít was sy ontwerp. In hierdie 5-dag leesplan kyk Chip Ingram na Efesiërs 5 en deel hoe paartjies die vervulling waarna ons almal smag, kan vind.

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit
6 dae
Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus nie nagekom nie.

Die Onpopulêre Jesus
8 Dae
Mense hou van Jesus wanneer dit goed gaan, hulle gebede beantwoord word en dit goed gaan. Wanneer daar egter swaar tye kom, nie al hulle vrae beantwoord word nie en daar vervolging is, is Jesus nie so populêr nie. By die wêreld is Hy populêr totdat "volg My en onderwerp jou aan My" in gedrang kom, dan is Hy nie meer populêr nie.

