Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 6:16

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak
3 dae
Daar is baie verlore en hartseer mense in hierdie gebroke wêreld, maar jy het die antwoord om vir hulle genesing en hoop te bring. Jou vreugde, vrede en vasberadenheid sal soos 'n lig in die duisternis skyn, wanneer die Gees van God deur jou werk. Sluit gerus by die skrywer, Berni Dymet aan en leer hoe jy 'n kragtige verskil in ander mense se lewens kan maak!

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
5 Dae
Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynlik jou eie grootste vyand. Leer om uit jou eie pad te kom en om die wapen van oorwinning te ontdek om die innerlike stryd te oorwin.

Hoop op Hom
5 dae
Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?
5 Dae
Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Hoe kan ek verhoed dat sonde my geestelike groei belemmer? Is dit moontlik? Kom ons bespreek sonde, versoeking, die Satan, en, dankie tog daarvoor, God se liefde.

GEVEGSBEPROEF
5 Dae
Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die geestelike gevegte wat jy in die lewe sal hê.

Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Jesus: Ons Oorwinningsbanier
7 Dae
Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al die daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfeesweek kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.

Die Wapenrusting van God
7 Dae
Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hierdie wapenrusting is God se voorsiening aan elke gelowige. Elke Christen het die wapenrusting van God, maar nie elke Christen trek dit aan nie. Wapenrusting dien nie sy doel as dit nie gedra word nie.

Die Bybel is lewendig
7 Dae
Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

Dis Tyd Vir Fokus
7 dae
Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toelaat om saam met jou te delf, te ontdek en te leer — saam met Hom!

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 Dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Wandel deur God se Woord
7 Dae
Jimi le Roux stap in hierdie 7 oordenkings saam met jou deur die Bybel deur te fokus op 7 bekende gedeeltes sodat jy die impak van die Woord opnuut sal ontdek. Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is, en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n prentjie van die wapenrusting nie. Dit is 'n leefstyl!

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

