Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 1:21

Eksodus: God lei sy volk
10 Dae
Hierdie leesplan is saamgestel uit "Uit die Beek 2022". Dit neem jou saam deur Eksodus 1 tot 5 — ’n verhaal van slawerny, roeping, twyfel en God se getrouheid. Terwyl die Israeliete onderdruk word, begin God reeds werk aan hul verlossing, deur die lewe van Moses. In hierdie eerste hoofstukke van Eksodus ontdek ons dat God mense sien, hul nood hoor en hulle nooit alleen laat nie. Hierdie leesplan nooi jou om weer God se stem, leiding en teenwoordigheid in jou eie lewe raak te sien.

Van vasgevang na gevorm
29 Dae
Vryheid is net die begin, en dan kom die uitdagings, die tyd vir groei en vorm. Welkom by ons reis deur die boek van Eksodus. Elke nuwe hoofstuk openbaar iets van die misterie van geloof en gehoorsaamheid, van vertroue en vorming, van uitdagings en waagmoed. Vryheid is voorwaar net die begin.