Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 3:14

Geregtigheid in Christus
5 Dae
Jimi le Roux herinner ons dat ons te verlore is om onsself te red, te sondig om “regverdig” genoem te word. God moet ons red. Hy doen dit dan aan die kruis deur Jesus Christus. Christus het gekom om aan die kruis soos ’n vervloekte te sterf. Dis óns vloek wat Hóm op die kruis getref het. Omdat Christus ons vloek gedra het, kan ons nou God se seën beleef. Hý is ons geregtigheid en ons redding is altyd, altyd genade!

Verlossing
7 Dae
Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars van kerke, en word toegelig deur die groot kategese uit die geskiedenis. Dit is deel vyf van nege in die Feed Kategismus leesplanreeks: Skepping, Sondeval, Verbond en Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade en Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

Galasiërs
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.