Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 12:1
Dinge wat saak maak
5 Dae
Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!
Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde Mans
7 Dae
God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken nie, kan hulle nie deur Christus se voorbeeld lei nie. Hierdie toewyding sal sewe effektiewe gebede verskaf wat vrouens vir hul ongeredde mans kan bid sodat hulle tot die kennis van God se waarheid kan kom.
God Is Hier!
7 dae
In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree van die pad saam met ons is. Hy sal ons help om deur ons daaglikse uitdagings te navigeer. Hierdie 7 oordenkings kom uit Johann van Zyl se dagboek GOD IS HIER!
In Hom Is Ek Sterk
7 dae
Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
Oomblikke van hoop
7 dae
Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade! Moenie die negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart toelaat nie en onthou: God se skouers is breed genoeg om die hele wêreld se kommer te dra – ook joune!
Op Jesus Se Hakke
8 dae
Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy aan Hom. In hierdie 8-dag-leesplan gesels Stephan Joubert en Johan Smith oor die uitdagings, verantwoordelikhede en vreugdes van mense wat op Jesus se hakke loop.
Vrug: 'n Onvergeetlike lewe
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.
Hoop Vir Elke Môre
10 dae
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
Hier Is Ek, Here
12 dae
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!