Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 12:2
Hoe om Jou Lewe te Geniet
3 dae
Dis nie maklik om ‘n diep, lewegewende vreugde in 'n wêreld vol uitspattige, maar uiteindelik oppervlakkige plesier, te vind nie. Nou-ja, hoe kom jy weg van die spanning en afleiding en beleef God se ewige vreugde? Hierdie kragtige nuwe reeks van die skrywer Berni Dymet, wys hoe jy die diep bevrediging wat ‘n verhouding met God vir jou inhou, kan ervaar - en jou lewe waarlik kan geniet.
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
4 dae
"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van dinge en die lewe se ingewikkeldheid, lei net tot uitstel en afstel. Eenvoud en fokus lei tot sukses en helderheid van verstand. Hierdie vierdag-oordenking wys vir jou hoe om by die kern van jou voorneme uit te kom. Dit help jou om 'n "EEN WOORD"-visie vir die hele jaar te kry om op te fokus.
Jesus, Ons Groot Hoofpriester
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.
’n Hart vol Dankbaarheid
5 dae
Daar is soveel om voor dankbaar te wees, waarvoor ons God elke dag kan dank. Wanneer ons besef dat elke asemteug ’n geskenk uit sy hand is, sal ons hart gevul word met dankbaarheid. Hierdie 5-dag leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, oordenking en kort gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Ann Goodfellow se “Die reis van ’n pelgrim”.
Dinge wat saak maak
5 Dae
Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!
Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
Tyd om te kyk hoe jy lyk
5 dae
Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, my hart en gees? Hoe lees ander mense my en wat kies ek om "aan te trek"?
Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.