Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 13:12

Kruis & Kroon
7 Dae
Heelwat van die Nuwe Testament is geskryf sodat ons Jesus Christus kan ken; die verlossing wat Hy deur sy kruisdood en die belofte van sy opstanding verseker het. In hierdie leesplan besin dr. Charles Stanley oor die kosbare bloed van Jesus, die opstanding en die gawe van die ewige lewe wat namens jou verseker is. Sluit by hom aan om die prys wat Jesus betaal het te onthou en die diepte van die Vader se groot liefde te vier.

Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense
7 Dae
Te dikwels voel mense hulle is onaanvaarbaar. Hulle voel soos mense wat buitekant die stadsmure lewe — daar waar alles is wat nikswerd is en alle rommel en vuilgoed uitgebrand word. Jesus het egter gekom om die poort na die stad oop te maak sodat ons weer in die stad kan inkom. Mag hierdie leesplan jou help om te weet dat God jou naby Hom wil hê.