Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 1:5

Breedvoerige Leierskap
4 dae
'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons Bybelse waarhede en praktiese wenke oor leierskap hersien wat jou sal uitdaag, toerus en bemoedig, terwyl jy bou aan 'n fondament van vertroue in 'n God wie se krag groter as enige uitdaging is wat oor jou pad mag kom.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer
5 dae
Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm hierdie 5-dag-leesplan – elke dag sluit’n oordenking, ’n gebed en ’n Bybelvers in. Met elke dag bied Joyce ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring, gebaseer op haar boek “My tyd met God”.

Die Kuns van Oorlewing
5 dae
In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hierdie vyf-dae leesplan deel Chip Ingram met ons hoe ons God se blydskap kan ervaar, selfs te midde van swaarkry, as ons die Kuns van Oorlewing bemeester.

Wysheid vir die Toekoms
5 dae
Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symons vyf vrae wat jou denkwyse heeltemal kan verander en God se kreatiwiteit en wysheid oor elke deel van jou lewe kan laat spoel. Trek jou joernaal nader en laat die reis begin.

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

Gewoontes
6 Dae
Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. Hierdie Life.Church leesplan neem jou deur die Skrif om goeie, daaglikse gewoontes aan te kweek wat blywend is.

Wees Oor Niks Besorg Nie
7 dae
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Vrede in jou hart
7 Dae
God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.