Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 11:23

Wanneer, Here?
7 Dae
Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van nood daar is nie. Hierdie verhale leer ons, dat ons deur moeilike omstandighede kan gaan en weet dat God steeds met ons is — Hy is nooit onoplettend, Hy is nooit onsamewerkend, en Hy is nooit, ooit laat nie.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

