Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 11:25
Wanneer, Here?
7 Dae
Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van nood daar is nie. Hierdie verhale leer ons, dat ons deur moeilike omstandighede kan gaan en weet dat God steeds met ons is — Hy is nooit onoplettend, Hy is nooit onsamewerkend, en Hy is nooit, ooit laat nie.
Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.
By Waters Van Rus
8 dae
Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering van God se sorg wat gelowiges hieruit put, en ook van Jesus, ons Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hierdie 8-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies uit dié gewilde Suid-Afrikaanse skrywer se dagboeke BY WATERS VAN RUS en JOU GOD IS HIER!
Die Hantering van Verdriet
10 Dae
Wanneer iemand vir wie ons lief is sterf, ervaar ons gewoonlik verskillende emosies. Leer in hierdie 10-dag oordenking hoe om verdriet te hanteer as ons geliefdes hierdie aarde verlaat. Die Here het hierdie lesse vir my begin leer nadat my vrou aan die einde van Junie 2021 oorlede is.
Jou Vers Vir Vandag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.