Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 15:14

Waar die hart van vol is
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Ongebroke Gemeenskap met die Vader: 'n Studie van Intimiteit in Johannes
5 Dae
Hierdie leesplan neem jou op ’n reis deur die Evangelie volgens Johannes om te wys hoe Jesus herstel wat sonde gebreek het: ons ongebroke gemeenskap met die Vader. Elke dag nooi jou om dieper te wandel in Christus se liefde, verhoudingsvernuwing te ervaar, en met vertroue jou roeping te leef — gegrond in Goddelike Intimiteit.

Hoekom Is God Lief Vir My?
5 Dae
Ons almal het vrae oor God. Ons huidige kultuur is baie daarop toegespits om onsself met ander te vergelyk. Een van die mees persoonlike vrae wat ons vra is: “Hoekom is God lief vir my?” Of dalk “Hoe is dit moontlik dat God my kan liefhê?” Deur die loop van hierdie leesplan sal jy met 26 Skrifgedeeltes te doen kry—elkeen gaan handel oor God se onvoorwaardelike liefde vir jou.

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.

Die Alfabet Van Oorvloed
7 dae
’n Oorvloed lewenservarings vertel van die genade wat God vir jou het. Dié groeiplan maak jou bewus van hierdie ervarings. Dit wys vir jou dat jy in die gewone loop van ’n dag ook genade kan vind. Maak vir jou ’n koppie koffie of tee en word stil by God. Laat die gloed van sy teenwoordigheid deursyfer tot teen jou vel, tot in jou hart en in jou gedagtes.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

Jou Wedstryd | Deel 2
7 Dae
"Yes", jy kan ook in die "A-team" van die lewe speel! Hierdie 7-dagleesplan gebruik die beeld van sport om jou geestelike "journey" te verduidelik. Jy ontdek dat God jou gekies het, Hy is jou coach en kaptein, en Hy maak jou 'n wenner. Deur vasbyt, geloof en die “J-factor” leer jy om "challenges" te oorkom. Selfs ná foute is daar hoop en herstel. Die leesplan help jou om eerlik te kyk na waar jy staan en met "passion", sweet en "joy" by die wenstreep uit te kom. Kom, wees 'n "genuine" wenner "for life"!

BLy ÍN My
7 Dae
Het jy ook al gewonder wat dit beteken om ÍN Jesus te bly? Ek nooi jou graag om saam met my te besin en te ontdek wat Jesus in Johannes 15 bedoel, toe Hy gesê het: “Julle moet in My bly en Ek in julle.”

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus Self het gesê dat die wat Hom lief het, Sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die 'Gehoorsaamheid' lees plan loop deur die verse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteitte hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, seën in ons lewe, en meer.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.