Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 15:4
Hier Is Ek, Here
12 dae
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!
Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus Self het gesê dat die wat Hom lief het, Sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die 'Gehoorsaamheid' lees plan loop deur die verse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteitte hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, seën in ons lewe, en meer.
21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake
Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.