Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 1:7

Goddelike Leierskap
3 Dae
Om 'n leier te wees wat deur God geroep is, ‘n leier wat volkome na die stem van die Heilige Gees luister en wat op die Here alleen vertrou, is nie ‘n maklike taak nie.

5 Planne Om Stres Te Klop
5 dae
Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik nie. God het ons in sy wysheid deur sy lewegewende Woord duidelike leiding gegee oor hoe ons stres kan oorkom.

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Begin nuut
7 Dae
Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

Die Bybel | Deel 8
7 Dae
Het jy geweet daar is al meer as 7 miljard Bybels en Bybelgedeeltes versprei, in nie minder nie as 2,500 tale. Dis lekker om in deel 8 van die leesplan-reeks, WEES ‘N WENNER, te gesels oor die wonderlike "manual" van jou lewe, die Bybel. Dis God se "love letter" aan jou wat jou leer hoe jy moet leef en Hom dien. Kom ontdek soveel interessante dinge oor die Bybel en hoe dit elke dag die lig op jou pad kan word.

Waagmoed
7 Dae
Leer wat die Bybel te sê het oor durf en vertroue. Die "Moed" leesplan bemoedig gelowiges met herinneringe van wie hulle in Christus is en God se koninkryk. Wanneer ons aan God behoort, is ons vry om Hom direk te nader. Lees weer - of dalk vir die eerste keer - sekerheid dat jou plek in God se familie verseker is.

Om na God te Luister
10 Dae
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.
