Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 1:9

Goddelike Leierskap
3 Dae
Om 'n leier te wees wat deur God geroep is, ‘n leier wat volkome na die stem van die Heilige Gees luister en wat op die Here alleen vertrou, is nie ‘n maklike taak nie.

Sterk en Vasberade
4 dae
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.

Leef volgens God se ontwerp
4 Dae
Hierdie vier dae nooi jou om met moed, reinheid en eerlikheid te leef. Wanneer jy kies om nie meer deur vrees beheer te word nie, om sonde agter te laat, en om eerlik te leef voor God en mense, begin ware vryheid. Ontdek hoe God jou leer om elke dag met geloof, waarheid en integriteit in sy teenwoordigheid te wandel.

5 Planne Om Stres Te Klop
5 dae
Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik nie. God het ons in sy wysheid deur sy lewegewende Woord duidelike leiding gegee oor hoe ons stres kan oorkom.

Opgelei om te vertrou
6 Dae
Hoe kan ons persoonlik weet of God betroubaar is en die vermoë, krag, en mag het om ons grootste probleme op te los as ons nooit enige het nie? Hierdie 6-dag leesplan is 'n herinnering dat geloof in God ook geloof in sy vermoë, tydsberekening en metodes beteken. Ons word onderrig om Hom te vertrou.

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Vreesloos In Die Geveg
7 Dae
Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

Gebede wat God altyd verhoor
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.

Begin nuut
7 Dae
Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

Here, dis ek hierso!
7 dae
Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul met sy krag as jy na Hom toe kom. Hy kan selfs meer gee as wat jy vra. Roep Hom! Hy sien jou raak.

Vreesloos
7 Dae
Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!

Die Bybel | Deel 8
7 Dae
Het jy geweet daar is al meer as 7 miljard Bybels en Bybelgedeeltes versprei, in nie minder nie as 2,500 tale. Dis lekker om in deel 8 van die leesplan-reeks, WEES ‘N WENNER, te gesels oor die wonderlike "manual" van jou lewe, die Bybel. Dis God se "love letter" aan jou wat jou leer hoe jy moet leef en Hom dien. Kom ontdek soveel interessante dinge oor die Bybel en hoe dit elke dag die lig op jou pad kan word.

Waagmoed
7 Dae
Leer wat die Bybel te sê het oor durf en vertroue. Die "Moed" leesplan bemoedig gelowiges met herinneringe van wie hulle in Christus is en God se koninkryk. Wanneer ons aan God behoort, is ons vry om Hom direk te nader. Lees weer - of dalk vir die eerste keer - sekerheid dat jou plek in God se familie verseker is.

Wegkruipplek Oordenking
10 Dae
Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie? Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Weggesteek van die roetine. Weggesteek van ons taak-lysies. Weggesteek van ons titel. Net weggesteek en alleen met Christus waar ons kan hoor hoe Hy ons by die naam roep. Weggesteek, waar ons sy oorwinningsliedere kan toelaat om ons ore te vul.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
