Gratis leesplanne en oordenkings oor KLAAGLIEDERE 3:22
Hoop vir die lewe
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?
Tyd vir 'n nuwe bladsy!
5 dae
Dit is 'n nuwe jaar en ons kyk soos gewoonlik optimisties na die nuwe jaartal. Soms kwyn nuwe verwagtinge vroeg in die eerste kwartaal. Daarom is dit nodig dat ons vorentoe kyk, ons oë op Jesus vestig en agter Hom aanstap. Maak die blanko boek van 2024 oop en begin skryf op 'n nuwe bladsy!
Tydelik
5 Dae
Het jy geweet? Elke persoon op aarde het ‘n vervaldatum. Op supermarkte se rakke kan ons elke produk se vervaldatum sien. Die produkte is tydelik op die rak. Ons weet egter nie wanneer dit óns beurt is nie. Ek en jy is tydelik op aarde. Wat doen ons in ons tydelikheid? Die beste van alles is dat probleme en uitdagings ook tydelik is, elkeen ook met sy eie vervaldatum!
Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.
Klaagliedere
6 dae
Klaagliedere is die "klaagmuur" van die Bybel, 'n versameling bedroefde gedigte wat by Jerusalem se begrafnis gelees word terwyl dit in die as gelê het nadat dit omvergewerp is. Reis daagliks deur Klaagliedere terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
In die skadu van die Allerhoogste
7 dae
Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op hierdie uitnodiging van die Koning van die konings reageer! Hierdie leesplan is saamgestel uit IN DIE SKADU VAN DIE ALLERHOOGSTE deur Chris Johnsen en Nancy Taylor.
Geloof Soos ’N Mosterdsaad
7 dae
Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle voorberei het. Bekende evangelis Angus Buchan neem jou op reis deur God se Woord in hierdie leesplan van sewe dae.
Die Regte God
7 dae
Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!
Kies Om Dankbaar Te Wees
7 dae
Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarheid deur ons te laat vloei en ons lewens te verlig. Dankbaarheid maak die lewe ligter en bring vreugde.
Genadejaar
10 dae
God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.