Gratis leesplanne en oordenkings oor KLAAGLIEDERE 3:26

Hoop vir die lewe
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?

Advent: Herontdek Kersfees in die Chaos
4 Dae
Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees in die Chaos", die Adventtemas in die Skrif en oordenkings wat ten doel het om ons voor te berei om weg te tree van die vakansietydperk se chaos en waarlik Jesus se geboorte te vier!

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.

Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

Klaagliedere
6 dae
Klaagliedere is die "klaagmuur" van die Bybel, 'n versameling bedroefde gedigte wat by Jerusalem se begrafnis gelees word terwyl dit in die as gelê het nadat dit omvergewerp is. Reis daagliks deur Klaagliedere terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.