Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 1:41

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship"
5 Dae
Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend jaar vertel en oorvertel is. Met so 'n bekende verhaal is dit maklik om te dink dat daar niks nuuts is om te leer nie. Tog, die Woord van God is lewend en aktief — wat beteken dit werk in ons op nuwe maniere, elke keer wat ons dit deurdink.

Die Kersfees Storie
5 Dae
Die storie oor die geboorte van Christus is die middelpunt van ons viering van Kersfees. Hierdie leesplan boekstaaf die nederige begin van 'n Verlosser waarvoor die wêreld vir eeue reeds wag. Hierdie kort versameling leesstukke verbind ons met die koms van Immanuel, `n God wat met ons is.

Lukas: Geroep Om Jesus Te Volg
7 dae
Jesus het dit duidelik gestel: As jy sy dissipel wil wees, moet jy jouself verloën, jou kruis opneem en Hom volg. As jy Jesus wil volg, moet jy weet wie dit is wat jy volg, wat sy aard is, wat Hy geglo het en hoe Hy in hierdie gebroke wêreld geleef het. Om Jesus te ken, is die begin van ’n avontuur; dit is die doel van hierdie studie.

Advent: Die Reis Tot By Kersfees
25 Dae
Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

Kinders se Adventhuis
25 Dae
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!

Ewige Verbond
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.