Gratis leesplanne en oordenkings oor MALEAGI 2:15

Huwelik - God se Plan
4 Dae
God het die huwelik geskep as ’n kosbare verbond van liefde, getrouheid en eenheid. Dit is nie net ’n verhouding tussen twee mense nie, maar ’n weerspieëling van sy liefde vir ons en van die eenheid wat Hy in Christus beoog. Mag hierdie vier leesplandae jou help om bewustelik, nederig en doelbewus in jou huwelik te groei — want ons is regtig beter saam.

Maleagi
15 dae
Maleagi herinner ’n ontkoppelde Israel daaraan dat hy ’n boodskap van God het voordat hulle ’n lang stilte verduur – wat sal eindig wanneer Jesus Christus die verhoog betree. Reis daagliks deur Maleagi terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid
16 Dae
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.