Gratis leesplanne en oordenkings oor MALEAGI 3:10

Dankie, Here!
7 dae
Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aan alles wat God elke dag vir jou doen. En dank Hom dan met liefde!

My beste vir my Here
7 dae
Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou beste vir Hom wil gee. As jy twyfel oor hoeveel en wat jy moet gee, gaan vra vir God; Hy sal jou help.

Maleagi
15 dae
Maleagi herinner ’n ontkoppelde Israel daaraan dat hy ’n boodskap van God het voordat hulle ’n lang stilte verduur – wat sal eindig wanneer Jesus Christus die verhoog betree. Reis daagliks deur Maleagi terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.