Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 1:18

'n Paasfees en Kersgebeure
3 Dae
Nadenke oor Goeie Vrydag se gebeure soos deur karakters uit die Kersspel vertel. 'n Verbeeldingryke verkenning van die wonder van die Kersgebeure en die offer van die kruisiging.

Advent Bewondering
4 Dae
Hoop, liefde, vrede, vreugde. Hierdie woorde word baie gedurende die vakansietyd gebruik, maar onthou ons hoekom? Die Kersverhaal is die verhaal van hoe God deur die geboorte van Jesus in die geskiedenis ingegryp het. Die lewens van Maria, Josef en die skaapwagters is heeltemal deur hierdie gebeurtenis verander. Hulle het hoop, liefde, vrede en vreugde gevind; kom ons onthou saam hoe, deur Jesus, ons dit ook kan vind.

Infinitum Gesin Advent, Week 4
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy in die Adventstyd inbeweeg.

Infinitum Advent Verras deur God, Week 4
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Die Kersfees Storie
5 Dae
Die storie oor die geboorte van Christus is die middelpunt van ons viering van Kersfees. Hierdie leesplan boekstaaf die nederige begin van 'n Verlosser waarvoor die wêreld vir eeue reeds wag. Hierdie kort versameling leesstukke verbind ons met die koms van Immanuel, `n God wat met ons is.

Maria – ’N Vrou Van Die Bybel
7 dae
’n Bybelstudie oor ’n vrou van die Bybel sal jou opnuut laat besef hoe lief God sy kinders het en sal jou verhouding met die Skepper verinnig. En daar is min vroue so inspirerend soos Jesus se eie ma. Ons kan soveel by haar leer. Hierdie 7-dag-Bybelstudie uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Ann Spangler en Jean E. Syswerda is ideaal vir persoonlike studie of vir gebruik in ’n kleingroep.

Bybel Vir Kinders
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Advent - O, Kom Laat Ons Hom Prys!
20 Dae
Advent is ’n vier-weke plan wat bedoel is om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. Hierdie studie sluit vier verhale van Matteus en Lukas in. Ons leer van God se heilige plan vir die geboorte van Jesus Christus en ondervind hoe dit was om teenwoordig te wees tydens hierdie gebeure. Die vraag-en- antwoordformaat kan vir gesins-eredienste, groepbesprekings en selfstudie gebruik word.

Advent: Die Reis Tot By Kersfees
25 Dae
Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

Tel die dae af tot by Kersfees
29 Dae
Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!