Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 16:16

WAAR HET YESHUA HOMSELF VERKLAAR - HOEKOM SPESIFIEK DAAR?
3 Dae
Waar het Yeshua Homself verklaar? Kom saam op ’n avontuur en ontdek die werklikheid van waar Yeshua Homself as die Messias van die mensdom verklaar het. Stap saam met ons die pad om beter te verstaan hoe ons Messias dink, en wat dit werklik vir ons beteken.

Kruis & Kroon
7 Dae
Heelwat van die Nuwe Testament is geskryf sodat ons Jesus Christus kan ken; die verlossing wat Hy deur sy kruisdood en die belofte van sy opstanding verseker het. In hierdie leesplan besin dr. Charles Stanley oor die kosbare bloed van Jesus, die opstanding en die gawe van die ewige lewe wat namens jou verseker is. Sluit by hom aan om die prys wat Jesus betaal het te onthou en die diepte van die Vader se groot liefde te vier.

Jesus Het My Lief
7 Dae
As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joernalis, tans dienende pastoor, jou hulp aan om te verstaan wat jy glo en waarom. Topverkoper-skrywer, John S. Dickerson, verduidelik noodsaaklike Christelike oortuigings en illustreer kragtig waarom hierdie oortuigings saak maak.

Daaglikse Godpreneur: Paasfees Leesplan
7 Dae
Hoe beïnvloed die gebeure van Paasfees jou entrepreneurs-reis? Ontdek hoe om jou onderneming te laat groei en nader aan Jesus te kom in hierdie 7-dag leesplan.

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
