Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 18:21

Waar die hart van vol is
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Vergifnis: Die pad tot vryheid
7 dae
Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

Keuses wat suksesvolle paartjies maak
7 dae
Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantwoordelikheid as wat jy besef, en jy is tot meer in staat as wat jy dink. Is jy gereed om te bou aan ’n suksesvolle huwelik?

Ek Voel Verwerp
7 Dae
Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
7 Dae
Sukkel jy om te vergewe, al weet jy dit is wat God van jou vra? Vergifnis is nie maklik nie, veral wanneer die pyn diep is en die onreg groot. Tog roep Jesus ons om te vergewe – vir ons eie vrymaking. Hierdie 7-dag leesplan neem jou op reis deur die stryd van vergifnis, God se genesing en die vrede wat kom wanneer ons kies om die seer aan Hom oor te gee.

Wat Jesus Gesê Het Oor Vergifnis
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dias
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.