Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:3

#KiesDieLewe
4 dae
Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God is GROTER as jou donker en sal jou die moed en krag gee om God se plan vir jou uit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit #KIESDIELEWE.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

The Chosen + BibleProject: Reeks 2-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se liefdevolle woorde en dade tydens sy openbare bediening. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se tweede reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Ontdek Jesus se kontrakulturele manier van liefhê, dink en dien, en waag om dieselfde te doen.

Wie is Jesus? | Deel 7
7 Dae
In die vorige deel van die leesplan-reeks, WEES ‘n WENNER, het ons gekyk na wie is God. Nou gesels ons oor die mees "amazing" en "influential" mens wat al ooit geleef het. Ja, wonderlike, onbegryplike, liefdevolle Jesus. Hy was die "super" Onderwyser, die "Miracle Maker", Leier en Koning … en natuurlik die "Hero" van God se plan om elkeen van ons te red van ons sondes en "sometime" vir ewig met Hom te wees. Lekker lees!

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Elke Dag Saam Met God
14 dae
Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

21 Dae Vas
21 ditë
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.