Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:12

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.