Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 1:2

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ’n uitnodiging in om met God te gesels of iets prakties om te doen. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek: “Leef! Een dag op ’n keer”.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.