Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 2:13

Omvou deur Genade
5 dae
God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.